Thursday 29 July 2010

Vir Die Nuwe Penne

Less die FIPS Reels noukeurig deur asook die SAFBAF Karp Reels. Indien julle dit nie het kontak my by jacques.fourie@wanama.co.za en ek stuur dit vir julle. Verder is daar (vir die begin) basiese benodighede - anders as wat in oewerhengel gebruik word. Hierdie is:
  1. Unhooking Mat
  2. Knooplose Skepnet ('n Spesienet kan gebruik word maar is baie lomp)
  3. Karp Sakke ('n knooplose sak van sagte materiaal gemaak om die vis in aan te hou tot dat daar geweeg word)
  4. Elektroniese alarms (jy het nie nodig om dadelik te gaan en die duurste op die mark te kry nie. Daar is intreevlak alarms wat goed genoeg is vir nou)
  5. PVA Mesh (dit word gebruik om voer saam jou hoekaas in die water te kry - in plaas van die normale oewerhengel bom)
  6. Haarstroppe
  7. min 50gr sinkers

Die wedstryd skeidsregter (Willem De Jong) sal hulp aanbied tydens die ligas. Verder is die nuwe manne meer as welkom om rond te stap en die meer ervare manne raad en advies te vra.

No comments: