Monday 8 December 2008

Notule - Vergadering 4 Desember 2008

  1. Verwelkoming
  2. Presensie / Verskoning
    Teenwoording:
    - Jacques Fourie
    - Rudi Coetzee
    - Chris Robberts
    - Henry Viljoen
    - Johan Gerber
    - Willem De Jongh
    - Johan Van Zyl
    - Piet Smit
    Verskonings
    - Jan Steytler (Uitstedig)
    - Alf Gerber (Nie verwittig)
    - Gideon Van Zyl (Siek)
    - Jaco De Jongh (Ander Reelings)
    Geen Verskonings:
    - Alfredo Barata
    - Mark Gentle
    - Viron Chrissopoulos
    - Carel Schoeman
    - Naas Le Roux
    - Dirk Van Niekerk
  3. Lief & Leed
    - Geluk aan Jan & Carel wat uitgenooi is Protea Proewe toe
    - Geluk aan die Robberts gesin met die nuweling – mag julle nog ‘n paar slaaplose nagte he
    - Dit is dan ook met ons innige meegevoel om te verneem van die afterwe van Alf Gerber se suster – Jy en jou familie is in ons gebede
  4. Vasstel Van Agenda
    - Komende Liga
    - Proewe Keuring vir SA’s Mei 2009
    - Liga & Proewe Gelde
    - GN Karp Hengel Webtuiste
  5. Vorige Notule
    Goedgekeur
  6. Sake Vooruitspruitend
    Afgehandel
  7. Korrespondensie
    Jacques Fourie skrywe aan Gauteng Noord Uitvoerend: Aangeheg
  8. Projekte: Henengel Kliniek voorgestel deur Chris Robbers asook verwys daarna deur Jan Steytler. Ons sal die egter eers aanpak in die nuwe seisoen aangesien die verskuiwing van die SA’s ons tyd bietjie ingeperk het
  9. SA Aangeleenthede: SAFOV Vergadering le voor en sal ons dan meer duidelikheid he oor SA Aangeleenthede
  10. Finansies:Tans staan die GN Karp Hengel rekening op ‘n saldo van om en by R8000.00. Jacques sal die presiese totaal bevestig en deurgee. Ons het in toetaal vir die SA’s om en by R35 000.00 gebruik. Dankie aan die mense wat gehelp het met borge en veral Chris met Regent se borg van R25 500.00.
  11. Agenda Punte:

Ligas

- Die volgende Liga sal plaasvind vanaf 9 Januarie 2009 tot 11 Januarie 2009.

- Die dam wat gehengel sal word is Hennie Papenfus se Privaat Dam in Standerton.- Jacques sal die oewer gaan pen

- Penne sal getrek word om 16:00. Indien ‘n pen nog nie teenwoordig is om ‘n pen te trek nie sal daardie hengelaars penne trek wat oorbly

- Die liga begin stiptelik om 18:00 en sal eindig 12:00 Sondag 11 Januarie 2009 (42 ure)

- Spesiale reelings vir die liga sal bespreek word voor die liga begin

Proewe en Keuring vir SA’s 2009

- GN Karp Span sal gekies word na afloop van ‘n proef wat gaan plaasfind by Bloemhofdam (Bamboesspruit – Zone C)

- Alle hengelaars wat vir die liga ingekryf is en geaffilieer is kan aan die proewe deelneem.

- Hengelaars wat aan die proewe wil deelneem moet asb voor die aanvang van die liga in Januarie registreer. Jacques sal die nodige registrasie vorms deurstuur

- Die Proewe datum sal wees vanaf 20 Februarie 2009 tot 22 Februarie 2009

- Penne sal getrek word om 08:00 op die 20ste Februarie. Indien ‘n hengelaar nog nie teenwoordig is om ‘n pen te trek nie sal daardie hengelaar penne trek wat oorbly

- Die proef begin stiptelik om 10:00 en sal eindig 12:00 Sondag 22 Februarie (50 ure)

- Formaat:

1. Elke hengelaar wat homslef beskikbaar gestel het sal individueel op ‘n pen hengel met slegs 2 hengel stokke

2. Willem De Jongh asook ‘n minimum van 1 ander keurder sal deel uitmaak van die keuring.

3. Keuring vind plaas op grond van:

a. Sak gewig 75%

b. Tegniese vaardighede (Markerfloat werk, Grondvoer toediening, Persoonlike temprament, ens.) 25%.

Die lys van keurings aspekte sal deurgestuur word aan alle hengelaars wat aan die proewe deelneem

4. Jacques sal weegbeamptes reel

5. Die FIPS-ed (SAFOV Karp Hengel) reels SAL in totaliteit toegepas word.

Liga & Proewe gelde

- Liga Gelde: R50.00 per hengelaar

- Proewe Gelde: R120.00 per hengelaar GN Karp Hengel Webtuiste

- Die GN Karp Hengel webtuiste is op.

Jacques versoek hengelaars om die webtuiste te besoek en gerus te gebruik as spreekbuis om inligting te bekom. Enige reelings sal ook op die tuiste geplaas word.

- Die adres van die webtuiste is: http://gncarpleague.blogspot.com/

Gauteng Noord Korrespondensie

Hi,

Wat kan mens se. Die Karp SA’s het weer vir ‘n paar rekords gesorg die jaar. Dit het egter nie baie goed gegaan met ons span nie. Die resultate was as volg:
1) Sentraal Noordwes (Hennie Du Preez, Andries Maree, Gilbert Foxcrfoft, Ben Adams, Johan van Heerden, P Greyling)

2) Limpopo (Marius Rusch, Craig Neil, Dean Pelser, Rudi Errenrich, D Murphy, P White)

3) Sentraal Gauteng (M Eloff, S Eloff, D van Vuuren, CJ Labuschagne, D Lourens, H Dreyer)

4) Mpumalanga (S de Wet, R Nortje, P Theunissen, S Marais, J Jacobs, B van der Westhuizen)

5) Vrystaat (GP Nel, Loggies van Loggerenberg, Johan van der Heever, Quintin van der Heever, E Jansen, H Matthee)

6) Noordwes (Loutjie Louwies, Nico Grobler, Jacques Coetser, Godfrey Francis, L Karsten, Johan van Zyl)

7) Gauteng

8) Noord Kaap

9) Gauteng Noord

10) Oostelike Provinsie

Dit is met trots dat ek wel kan se dat Jan Steytler en Carel Schoeman uitgenooi is na die Protea Proewe toe wat gehou gaan word 19 Jan tot 22 Jan 2009. Hulle het teen die groot name in Suid Afrikaanse hengel meegeding en gewys dat hulle met enige hengelaar kan meeding. Ons wens hulle alle sterkte toe. Dit is ook dan bevestig dat volgende jaar se SA’s verskuif is na Mei 2009 toe en dat die volgende Wereldspele in Oktober (in Frankryk) gehou sal word. Indien Gauteng Noord ‘n span wil word om in die toekoms mee rekening te hou sal ons drasties ons keuring stelsel moet hersien. Ek is vreeslik dankbaar vir die hulp wat Spyker Coetzee en Lourens Potgieter aangebied het maar ons bestuurspan en ondersteuningspan wat saam afgaan SA’s toe is van die swakste van al die provinsies.Met meer hengelaars om van te kies die seisoen behoort daar ‘n verbetering te wees in die volgende SA’s – maar met die kaliber hengelaars gaan ons nog baie ontwikkeling nodig he.

Groete

Jacques Fourie

Monday 1 December 2008

South African National Championship Nov '08







GN Desember Program