Tuesday 27 January 2009

Gauteng North Trials 2009

The teams are as follows:
1. Alf Gerber & Johan Gerber
2. Viron Chrissopoulis & Mark Gentle
3. Naas Le Roux & Muller Minaar
4. Rudi Coetzee & Piet Smit
5. Chris Roberts & Chris Boshof (JNR)
6. Jan Steytler & Jacques Fourie

The trials will take place at Bloemhof (Bamboesspruit)

The event starts at 10:00 Friday 20 February 09 and ends 12:00 22 February 09.

Top 3 teams will represent GN in the SA's and the 4th team will be the reserves.

Tuesday 13 January 2009

SAVOF Karphengel Proewe Keuring Staat


SAVOF Omsendskrywe Karphengel Proewe 2009

SA VARSWATER OEWERHENGEL FEDERASIE
2009 NASIONALE KARPHENGEL PROEWE

1. INLEIDING:

Die Nasionale Keurkomitee was, vanweë die abnormale situasie wat ontstaan het as gevolg van die groot aantal onttrekkings aan die Nasionale Proewe van hengelaars wat vir insluiting in die Nasionale Proteaspan kwalifiseer, genoodsaak om sekere krisis besluite te neem. Die krisismaatreëls is 'n poging om die deelname van hengelaars aan die Nasionale Proewe te verhoog en om groter geloofwaardigheid van die spanverkiesingsbeleid te verleen.

Van die 16 hengelaars (8 penne) wat vir insluiting in die Nasionale Proteaspan kwalifiseer, het 8 hengelaars (4 penne) onttrek wat beteken dat daar slegs 8 hengelaars (4 penne) in hierdie kategorie van die proewe sal deelneem. Indien die huidige proewebepaling dus onveranderd gelaat word, sal alle deelnemers aan die proewe outomaties vir insluiting in die Nasionale Proteaspan kwalifiseer.

2. HUIDIGE REËLBEPALING MBT UITNODIGINGS NA PROEWE EN DIE SAMESTELLING VAN HENGELPARE (PENMAATS):

2.1. Tans kwalifiseer die eerste vier hengelpare (spanmaats) wat op basis van die nasionale kampioenskappe merietelys eerste in elke sone geëindig het vir deelname aan die Nasionale Proewe.
.
2.2. Hengelpare moet in die penmaat kombinasies soos met die bekendmaking van die proewe nominante, aan die Nasionale Proewe deelneem. Die bepaling hou die implikasie in dat indien een van die penmaats van die proewe onttrek, die oorblywende penmaat wat op meriete vir deelname aan die proewe kwalifiseer het, ook moet onttrek.

2.3. Indien die Nasionale Keurkomitee sou toelaat dat hengelaars wat deur die onttrekking van 'n penmaat benadeel is, toegang tot die Nasionale Proewe geweier word, sal dit 'n verbreking van die SASCOC National Colour Regulations wees wat bepaal dat alle atlete wat vir deelname aan die proewe kwalifiseer, 'n gelyke geleentheid tot deelname gegun moet word.

3. NUWE BEPALING MBT DIE UITNODIGING NA PROEWE EN DIE SAMESTELLING VAN HENGELPARE (PENMAATS)

Die volgende hengelaars kwalifiseer na afloop van die Nasionale Kampioenskappe vir deelname aan die Nasionale Proewe:

3.1. Ten einde vir die onttrekkings van hengelpare te kompenseer en met inagneming van die feit dat daar uit die geledere van die proewe nominante, benewens 'n Proteaspan ook 'n Federasiespan verkiesbaar is, het die Nasionale Keurkomitee besluit om in plaas van die eerste vier hengelpare, die eerste vyf hengelpare (spanmaats) in elke sone na die Nasionale Proewe uit te nooi. Die addisionele drie hengelpare wat in terme van die nuwe besluit vir deelname aan die proewe kwalifiseer, sal telefonies deur die Sameroeper van die Karphengel-Komitee van die uitnodiging na die proewe in kennis gestel word,

3.2. Hengelpare wat aan die nasionale proewe deelneem moet dieselfde hengelpaar (penmaat) kombinasie behou as wat gegeld het tydens die bekendmaking van die hengelpare wat vir deelname aan die Nasionale Proewe kwalifiseer. Die ondergeskikte penmaat in 'n hengelpaar, sal vir spanverkiesingsdoeleindes die kwalifiseringstatus van sy penmaat (byvoorbeeld 'n protea hengelaar) verwerf.

3.3. Indien individuele hengelaars egter van die nasionale proewe sou onttrek, kan daar vanuit die geledere van die hengelpare wat deur die onttrekkings geraak word, by wyse van wilsooreenstemming, oor provinsiale grense heen, nuwe hengelpare saamgestel word. Die volgende bepalings sal egter op die samestelling van nuwe hengelpare van toepassing wees:

3.3.1. Albei die lede van 'n hengelpaar moet oor die finansiële vermoë beskik om hulle spanverpligtinge na te kom.

3.3.2. Beide die hengelaars moet aan die kwalifiseringsvereistes vir opname in die spanne waarvoor genomineer word voldoen. Vir opname in 'n nasionale proteaspan moet minstens een van die penmaats reeds voorheen Nasionale Proteakleure verwerf het.

3.3.3. Hengelpare wat vir deelname aan die nasionale proewe kwalifiseer het, mag nie doelbewus ontbind en nuwe hengelpare vorm nie. Kwalifiserende hengelpare mag dus nie ontbind en hergroepeer indien daar nie onttrekkings ter sprake is nie.

3.3.4. Nuut saamgestelde hengelpare sal onderhewig wees aan die bepaling dat die ondergeskikte hengelaar vir spanverkiesingsdoeleindes die kwalifisering-status van sy penmaat verwerf.

4. KWALIFISERINGSVEREISTES VIR OPNAME IN SPANNE:

4.1. Nasionale Proteaspan
Die hengelende lede van die Nasionale Proteaspan word op basis van die prestasie van die hengelpare en die keurders-evaluering (keurdersmerietelys) in die Nasionale Proteaspan ingesluit. Om vir insluiting in die Nasionale Proteaspan te kwalifiseer, moet minstens een van die lede van 'n hengelpaar oor Nasionale Protea beskik

4.2. SAVOF Federasiespan

Die SAVOF Federasiespan word op basis van die hengelprestasie van die hengelpare en die keurders-evaluering (keurdersmerietelys) saamgestel. Daar bestaan geen ander kwalifiseringsvereistes met betrekking tot die vorige verwerwing van kleure nie.

5. DATUM VAN INWERKINGTREDING:
Die veranderinge aan die spanverkiesingsbeleid tree onmiddellik in werking.

SA Nationals Final Results Teams and Individuals




Gauteng North Final Results - League 2008/09