Wednesday 29 October 2008

GN Grondwet (Soos Goedgekeur) 2008/2009 Seisoen

GAUTENG-NOORD KOMPETERENDE KARPHENGEL GROND WET.
GAUTENG-NOORD KOMPETERENDE KARPHENGEL INHUIS REELS


1. AANHEF EN SAMESTELLING.

1.1. Kompeterende karphengel resorteer internasionaal en nasionaal as ‘n faset van Varswater Oewer Hengel en dien ooreenkomstig ook op provinsiale vlak. Die beheerligaam sal GAUTENG-NOORD VARSWATER OEWER HENGEL FEDERSIE (G-NVOHF) wees en alle afilliasies,registrasies en deelname is onderhewig aan die G-NVOHF algemene grondwet en huishoudelike reëls.

1.2. Die faset is ‘n uiters gespesialiseerde afdeling van die hengel sport en sal deur ‘n kommittee bestuur word, in lyn met F.I.P.S.ed regulasies (Verwysing B), die NASIONALE BEHEERLIGAAM VIR KOMPETERENDE KARP HENGEL (SABFAF )en die GAUTENG-NOORD KOMPETERENDE KARP HENGEL (G-NKKH) grondwet en die GAUTENG NOORD KOMPETERENDE KARP HENGEL (G-NKKH) huishoudelike reels en stipulasies (Verwysing D) .

2. DOELWIT VAN G-NKKH

2.1. Die doelwitte en kragte van G-NKKH is en sal wees om:

2.1.1. Karp hengel in Gauteng Noord te beheer en te koordineer;
2.1.2. Karp hengel as ‘n faset in Gauteng Noord te bevorder en ontwikkel by alle lede betrokke by G-NVOHF;
2.1.3. Probleme raakende karp hengel, ongeorganiseerheid, vrese en slegte sportmanskap in Gauterng Noord te identifiseer, prioritiseer en op te los en om die G-NKKH hengel gedragskode (Verwysing C) te onderskryf en dienooreenkomstig op te tree;
2.1.4. Die omstandighede waaronder kompeterende hengel plaasvind te formuleer, kontroleer en aan te pas
2.1.5. Karp met respek te hanteer en vry te laat asook om ander hengelaars aan te spoor om dieselfde beginsels toe te pas.


3. ORGANISEERING VAN G-NKKH

3.1. Die grondwetlike liggame van G-NKKH sal wees:

3.1.1. Enige algemene vergadering van G-NKKH en spesifiek die algemene jaar vergadering van G-NKKH
3.1.2. Die bestuur van G-NKKH wat ten alle tye, uitgesluit tydens ‘n algemene vergadering, sal optree as die uitvoerend en bestuur liggaam van G-NKKH
3.1.2.1. Alle besluite van die G-NKKH bestuur is onderhewig aan goedkeuring en bevestiging by die volgende algemene jaarvergadering van G-NKKH.

4. DIE G-NKKH BESTUUR

4.1. Die deelnemers aan G-NKKH sal ‘n verkose verteenwoordiger hê, soos verkies op die G-NVOHF algemene jaarvergadering op ‘n jaarlikse basis.

4.2. Die verkose verteenwoordiger sal optree in belang van G-NKKH asook aan die hoof (voorsitter) staan van die bestuur van G-NKKH.

4.3. Die verkose verteenwoordiger sal ondersteun word deur:
4.3.1. ‘n Span Kaptein verkies op die algemene jaar vergadering
4.3.2. ‘n Sekretaris verkies op die algemene jaar vergadering

4.4. Verkose kandidate moet geafilieerde lede van G-NVOHF en aktiewe deelnemers van die kompeterende karphengel faset wees.

4.5. Die aktiewe lede van G-NKKH sal een maal per jaar n spesiale algemene jaarvergadering hou.

4.6. AGENDA VIR DIE ALGEMENE JAARVERGADERING
4.6.1. Verwelkoming
4.6.2. Verskonings
4.6.3. Lief en leed
4.6.4. Vasstelling van Agenda
4.6.5. Goedkeuring van notule
4.6.6. Korrespondensie
4.6.7. Finansies
4.6.8. Sake vir dringende aandag
4.6.8.1. Voorstelle vir bespreking en/of grondwetsveranderings
4.6.9. Bestuurder se Jaarverslag
4.6.10. Verkiesing van nuwe Bestuur
4.6.11. Bespreking en bevestiging van Liga en Proewe Datums

4.7. Die algemene jaar vergadering sal gehou word binne (60) sestig dae vanaf die Finansiele Jaar einde van G-NVOHF.

4.8. ‘n Spesiale vergadering kan versoek word deur die bestuur of na die ontvangs van ‘n geskrewe versoek deur (3) drie lede van G-NKKH en gehou word binne (15) vyftien dae na ontvangs van die versoek. Duidelike mosies en motiveerings moet die versoeke vergesel.

4.9. Aankondiging van die algemene jaarvergadering, die agenda en alle meegaande dokumentasie moet aan alle lede van G-NKKH gestuur word (30) dertig dae voor die algemene jaarvergadering plaasvind. Enige item wat onder “Sake vir dringende aandag” op die agenda geplaas word vir bespreking moet vergesel word deur a besprekings dokument. (Verwysing A)


4.10.Stem magte by ‘n algemene jaarvergadering sal as volg wees:

4.10.1. Elke lid van G-NKKH sal gemagtig wees op een stem
4.10.2. Verder sal die bestuurder van G-NKKH die finale stem hê indien daar ‘n gelyke uitslag is.
4.10.3. Indien ‘n lid nie by die algemene jaarvergadering kan wees nie kan so ‘n lid ‘n ander lid skriftelik aanwys om namens hom op te tree. ‘n Lid kan sleg vir (1) een ander lid as porxy optree.
4.10.4. Die G-NKKH bestuurder sal optree as voorsitter van die algemene jaarvergadering
4.10.5. Stemming sal plaasvind by wyse van hande, of as versoek word, by wyse van ‘n stembrief
4.10.6. A quorum vir enige algemene vergadering is ten minste 50% van die lede van G-NKKH


5. GRONDWET WYSIGINGS

5.1. Wysigings ten opsigte van die G-NKKH grondwet kan slegs plaasvind op die algemene jaarvergadering of op a spesiale vergadering saamgeroep vir die doel.

5.2. Voorstelle vir wysigings (Verwysing A) moet skriftelik ingehandig word met volledige motifeerings en moet aan alle lede van G-NKKH gestuur word (30) dertig dae voor die algemene jaarvergadering of spesiale vergadering plaasvind.

5.3. Vir wysigings om bekragtig te word, is ‘n twee derde meerderheid stemme van die lede nodig


6. KOMPITIES FORMAAT.

6.1. Alle kompetisies in die liga sal gehou word volgens die SAFBAF reëls vir kompeterende karphengel (Verysing B). As gevolg van die beperkte aantal deelnemers aan die ligas sal daar vir die volgende voorsiening gemaak word:

6.1.1. Kompetisies sal gehou word in waters met ‘n vis populasie soos aangedui deur die SAFBAF en F.I.P.S.ed regulasies. Bekende spesiehengel damme sal ook voorkeur kry.
6.1.2. Die liga kampioenskap sal bepaal word oor n reeks van (4) vier liga kompetisies wat in die hoë hengel seisoen gehou sal word. Die eerste liga wedstryd sal plaasvind soos bepaal op die Algemene Jaarvergadering. Die verdere datums van die daaropvolgende ligas, asook die proewe, sal deur die G-NKKH bestuur bepaal word of dienooreenkomstig die jaarprogram van G-NVOHF plaasvind.
6.1.3. Die liga punte sal toegeken word soos deur die SAFBAF voorgeskryf.
6.1.4. Hengelpare moet hulle pen registreer (Verwysing E) voor hulle ‘n liga hengel. Hierdie registrasie is oop deur die seisoen.
6.1.5. Die paar met die laagste punt aan die einde van die seisoen sal die provinsiale liga kampioene wees, die paar met die 2de laagste punt sal tweede wees, ens.
6.1.6. Indien ‘n hengelpaare tydens die seisoen sou opbreek en nuwe hengel pare gevorm word sal die punte van die betrokke pare bymekaar getel word en deur twee gedeel word. Die gemiddelde sal die punte wees waarmee die nuwe hengel pare voortgaan in die seisoen,
6.1.7. Sou ‘n hengelaar besluit om te onttrek gedurende ‘n seisoen en ‘n nuwe hengelaar by die pen aansluit sal die punte ook bepaal word soos in 6.1.5 met die verskil dat die nuwe hengelaar maksimum punte bring wat bereken is op die afgelope ligas.
6.1.8. Die liga kompetisies sal tussen pare gehou word. Pare moet geafillieer wees aan G-NVOHF maar hoef nie noodwendig aan dieselfde klub te behoort nie.
6.1.9. Indien daar (12) twalf of meer pare deelneem sal daar in (3) drie sones gehengel word soos op die Nasionale Kampioenskappe.
6.1.10. Waneer (3) drie of meer klubs die vemoë het om spanne van (6) ses lede elk in te skryf sal die ligas in klub verband gehou word en in sones gehengel word soos op die Nasionale Kampioenskappe.

7. G-NVOHV LIGA ERKENNINGS.

7.1. Die volgende erkennings sal gemaak word deur G-NVOHF

7.1.1. Provinsiale kampioen pare 1ste-3de
7.1.2. Die swaarste sak vir die seisoen.
7.1.3. Die swaarste vis per spesie gedurende die ligas.(alle karp spesies oos in die SABFAF reels bepaal word)


8. G-NKKH SPAN SAMESTELLING EN KEURING.

8.1. Die provinsiale span sal gekies word in lyn met reels,regulasies en toepassings van SAFBAF op nasionale vlak. (PER REVISIE).

8.2. Lede moet hulself nomineer en beskikbaar stel om op nationale vlak te hengel.

8.3. (12) Twaalf hengelaraas uit die nomineerings sal genooi word om aan (2) twee proewe deel te neem.

8.4. Die verkiesing van die (12) Tewaalf hengelaars vind as volg plaas:
8.4.1. Alle genomineerde hengelaars van die eerste (6) ses penne tydens die liga
8.4.2. Indien daar nie (12) Twaalf genomineerde hengelaars uit die eerste (6) ses penne verkry word nie sal die pen wat sewende gekom het tydens die liga se genomineerde hengelaars genooi word en sodoende op die rang afgaan todat daar ‘n volledige (12) Twalf tal genooi is. ‘n Dertiende hengelaar kan, met spesiale voorsiening genooi word indien die Sweende of daaropvolgende penne (2) twee genomoneerde hengelaars is.

8.5. Penne sal gevalueer word gedurende die proewe. Dit sal gedoen word deur die afsonderlike weeg van elke pen se vis.

8.6. Die keurders het die reg, in oorleg met die betrokke lede, om die beste (3) drie pare te kies vir deelname aan die Nasionale Kampioenskappe, al is die pare nie gepaar vir die Liga kompetisies nie. Dit sal slegs met uitsondering gedoen word, maar nie as ‘n reel nie.

8.7. Die G-NKKH Provinsiale span sal bestaan uit (6) ses hengelaars, (1) een reserwe , (1) een bestuurder, en (1) kaptein/afrigter. As n span van (9) nege nie opgemaak kan word nie is die kaptein/afrigter die reserwe.

8.8. Die finale samestelling van die span sal aan G-NVOHF voorgele word vir goedkeuring ten minste (3) drie maande voor die Nasionale Kampioenskappe.

9. DEELNAME AAN DIE NASIONALE KAMPIOENSKAPPE.

9.1. Die aangewese span en spanbestuur sal deelneem aan die Nasionale Kampionskappe onderhewig aan die grondwet en huishuodelike reëls van G-NVOHF in terme van:

9.1.1. Die toekenning van SPANKLERE
9.1.2. Die bevestiging van die span se deelname.
9.1.3. Dissipline voor en tydens die Kampioenskappe.
9.1.4. Verslaglewering deur die bestuurder en kaptein.
9.1.5. Bestuur van span finansies.


Verwysing A: Besprekings Dokument

31/12/2007
G-NKKH
Geagte Bestuur en ander lede,
1) Artikel (x) van die Grondwet.
Ek wil graag die volgende voorstel indien aangaande Artikel (x) in die grondwet.
- Huidiglik lees punt (x) as volg in die grondwet.



- Die te verander na die volgende toe.


Groete,

_________________
Jou Naam



Verwysing C: G-NKKH Gedragskode


OMGEWING EN NATUUR

Rommel/Vislyn
· Moet nie rommel of van kant gemaakte vislyn rond strooi nie
· Asbliksakke moet altyd byderhand wees en henglaars word aangemoedig om enige rommel/vislyn wat hy/sy sien rondle weg te gooi.
· Afbreek tydens die gooi, gehakte stroppe (langs die oewer of onder water) moet verwyder word waar moontlik. Indien dit nie gedoen kan word nie aan die bestuur van die oewer meegedeel word.

Wild en Oewer
· Respekteer die omgewing and minimaliseer oerwer en wild ontwrigting
· Maak vuur slegs in areas daarvoor afgesonder
· Moet nie heinings beskadig nie
· Vermy die afbreek van oewer plantegroei

ALGEMENE GEDRAG

Optrede langs die oewer
· Neem ander hengelaars in ag. Verhoed oormaat oewer geraas en beweging.
· Vermy die gebruik van skerp ligte gedurende die aande
· Volg die reels van die oewer wat gehengel word.

VIS HANTERING

Hantering:
· Wees bewus dat horlosie bande, lapel wapens en enige ander aanhangsles die vis kan hak of beskadig
· Minimaliseer die tyd wat die vis buite die water spandeer en hanteer die vis so min moontlik
· Ondersteun die vis versigtig wanneer die vis vrygelaat word.
· Moet nie die vis laat val of in die water gooi nie.
· Sakke, matte, skepnette en jou hande moet altyd nat wees voor gebruik
· Matte wat in die son was moet eers in die water geplaas word om af te koel alvorens ‘n vis daarop geplaas word.
· Vis moet ten alle tye met ‘n mat of sak na die water geneem word om vrygelaat te word. Moet nie die vis in jou hande dra na die water nie.


Verwysing D: G-NKKH Huishoudelike Reels en Stipulasies

1. Algemeen

1.1. Penne sal getrek word voor enige liga byeenkoms
1.2. Penne sal getrek word voor enige proewe plaasvind
1.3. Penne van (8) agt meter by (8) meter, wat die penne aandui, moet duidelik afgebaken wees alforens ‘n kompetisie plaasvind.
1.4. Waar moontlik moet penne ‘n minimum van (20) twintig meter wan mekaar afgebaken wees.
1.5. ‘n Zone sal wees die reguit lyn wat vanaf die oewer uitloop en wat gelyk is aan die pen area (8 meter)

2. Reels en Aksies

2.1. Vis sal nie geweeg word indien:

2.1.1. ‘n Vis buite die afgebankende pen gespeel of geland word
2.1.2. Beide hengelaars van die betrokke pen in die water is tydens die speel of skep van ‘n vis. Vergunning sal gegee word indien daar twee visse gelyktydig gespeel word.
2.1.3. ‘n Hengelaar dieper as die vereiste kniediepte in die water instep om die vis te speel of die vis te skep.

2.2. Waarskuwings sal gegee word indien:

2.2.1. ‘n Hengelaar buite die betrokke pen se zone hengel
2.2.2. ‘n Pen buite die betrokke pen se zone voer
2.2.3. Hengelgewigte ligter as 50g is
2.2.4. Voerballe groter as 40mm in deursnee
2.2.5. “Spod Rockets” se deursnee groter as 50mm is of indien ‘n “Spod Rocket” se lengte langer as 200mm is
2.2.6. Meer as 2 merkers tergelyke tyd gebruik word

2.3. Onmiddelike diskwalifikasie sal plaasvind indien:

2.3.1. Daar alreeds ‘n waarskuwing gegee is oor enige reels en so ‘n spesifieke reel word weereens oortree
2.3.2. Meer as een hoek per stok gebruik word om mee te hengel
2.3.3. Aas op ‘n hoek geplaas word
2.3.4. Meer as (4) vier hengel stokke in die water is (uitgeluit die merker stokke)
2.3.5. Lewindige aas gebruik word

3. Jaarprogram: Seisoen 2008/2009

3.1. Damme

· Johan Kruger
· Donaldson
· Leisure Lakes
· Vlooikop
· Roodeplaat – NTvl
· Witbank Dam – Maanlig
· Privaat Dam (Hennie Papenfus)
· Privaat Dam (Karel Schoeman)
· Lala Lapa Manzi
· Hartbeespoort Dam – Ifafi


3.2. Ligas
· Liga 1: 19 Sep 08 – 21 Sep 08
· Liga 2: 10 Okt 08 – 12 Okt 08
· Liga 3: 16 Jan 09 – 18 Jan 09
· Liga 4: 20 Feb 09 – 22 Feb 09

3.3. Proewe

· Proef 1: 27 Mar 09 – 29 Mar 09
· Proef 2: 17 Apr 09 – 19 Apr 09

No comments: